‘Vrugtedief’ deur huiseienaar ‘geslaan’

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Foto’s in berig kan vir sommige lesers ontstellend wees

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde vrugtedief het net voor Nuwejaar ‘n loesing van ‘n huiseienaar gekry na hy glo litchi’s van verskeie bome gesteel het.

Reaction Unit South Africa sê hulle is vir ‘n saak van diefstal na ‘n adres ontbied. Met aankoms op die perseel was die verdagte met boeie aan ‘n boom vasgemaak waar hy met ‘n sambok en stokke geslaan was.

Volgens die beamptes was wierookstokkies langs sy voete aan die brand gesteek. Hulle is ingelig die man is na sy beweerde diefstal van die vrugte vasgemaak en geslaan.

Die beamptes het die handboeie van die erg beseerde man verwyder.

Die huiseienaar wou nie ‘n saak teen die man maak nie en die verdagte wou ook nie ‘n saak teen die huiseienaar maak nie. Mediese behandeling is ook van die hand gewys.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel