Man met aardvark in hegtenis wat glo ‘wreed doodgemaak’ is

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Foto’s kan sensitiewe lesers ontstel!

VRYSAAT. – ‘n Man wat glo met ‘n aardvark in sy besit betrap is, is gister in Bloemfontein onder die Vrystaatse ordonnansie en dierebeskermingswet in hegtenis geneem.

Reinet Meyer, hoofinspekteur van die DBV in Bloemfontein, sê die aardvark is in ‘n valstrik wat deur ‘n plaaswerker gestel is, gevang. Die plaaswerker het na bewering die dier wreedagtig doodgemaak na dit gevang is en toe die verdagte gekontak om dit in ‘n informele nedersetting te verkoop.

“The reprehensible act of animal cruelty has prompted the opening of charges against the accused under the Free State Ordinance and Animals Protection Act.”

Die man, wat in aanhouding is, is vasgetrek waar hy op ‘n pad in die Soutpan-distrik met die aardvark opgemerk is.

“It is shocking to see how our wildlife is being ruined and killed in the most brutal way. We, as the Bloemfontein SPCA team, are resolute in our commitment to protect our wildlife and will spare no effort in pursuing justice in this case.”

Die Bloemfontein-DBV moedig persone wat bewus is van dieremishandeling om dit by 051 447 3801 te rapporteer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel