Transnet-treine bots en ontspoor

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZLU-NATAL. – Twee treine van Transnet Freight Rail het Sondgoggend vroeg by Elubana, buite Richardsbaai aan die Noordkus gebots.

Transnet het gister gesê daar word ná die ontsporing skoongemaak en herstel om bedrywighede te kan hervat.

Die twee treine gebots en daarna ontspoor. Geen ernstige beserings is opgedoen nie, maar personeel wat in die ongeluk betrokke was, is vir mediese waarneming geneem.

Ondersoek word gedoen om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Volgens die Zululand Observer is die ongeluk na bewering as gevolg van ‘n kragonderbreking.

Bron: Transnet en Zululand Observer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel