SEDGEFIELD, WES-KAAP. – Drie mans is Sondag omstreeks 21:20 op die N2-hoofweg by Sedgefield vir die beweerde besit van ’n groot hoeveelheid perlemoen in hegtenis geneem.
Lede verbonde aan Knysna se misdaadvoorkomingseenheid in samewerking met Wes-Kaapse provinsiale verkeersbeamptes het ’n voertuigkontrolepuntebuite Sedgefield gemobiliseer.
’n Kia Picanto is afgetrek en daar is op 486 eenhede perlemoen beslag gelê. Drie insittendes is vir die beweerde besit van perlemoen in vasgetrek.
’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voertuig van Plettenbergbaai na Kaapstad onderweg was.
Die drie Malawiese burgers van 28, 34 en 36 jaar oud bly in polisieaanhouding.
Hulle sal na verwagting vandag vir die eerste keer in die Knysna-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPD, Twitter



