MOSSELBAAI, WES-KAAP. – Mosselbaai-munisipaliteit het Saterdag bevestig dat daar tans rooigety tussen Danabaai en Vleesbaai voorkom.
Mossel Bay Advertiser is glo oorrval met foto’s wat hulle van besorgde inwoners ontvang het, dus het hulle navraag by die munisipaliteit se omgewingsdepartement gedoen.
Die munisipaliteit het ’n verklaring uitgereik waarin hulle inwoners versoek om nie skulpvis uit die see te eet nie, aangesien rooigety in die omgewing van Danabaai en Mosselbaai opgemerk is.
Volgens hulle is berigte van algebloei veral vanuit Eerste- en Tweedestrand op Danabaai ontvang. “Rooigetyd is ’n natuurlike verskynsel in kuswaters wat veroorsaak word deur ’n digte opeenhoping van mikroskopiese alge.”
Na bewering sal rooigety na verwagting ’n paar dae duur.
Bronne: Mossal Bay Advertiser, Mosselbaai Munisipaliteit



