MPUMALANGA. – ‘n Polisie-kaptein (44) is Saterdagaand omstreeks 21:45 by ‘n motorwassery in Kanyamazane doodgeskiet. Die polisie vra Sibusiso Maseko van Mariti om na vore te kom, omdat hy hulle vermoedelik kan help om die moordsaak op te los.
Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi het die oorledene na bewering sy privaat voertuig na die motorwassery geneem waar dit glo gestamp is. ‘n Ooreenkoms vir die bedrag van R5 000 is glo aangegaan sodat die kaptein sy voertuig kon laat herstel.
Sekgotodi sê daarna het ‘n polisiesersant die verdagte, wat glo die botsing veroorsaak het, se motorvoertuig na die oorledene se ouerhuis geneem totdat die betaling gemaak sou word. Hulle is blykbaar terug na die motorwassery waar die sersant hulle gelaat het. Toe die sersant na bewering terugkeer, was die kaptein geskiet. Die sersant het glo probeer om die verdagte aan te keer, maar daar is ook op hom geskiet en hy het na bewering teruggeskiet. Die verdagte het te voet gevlug.
Na bewering het ‘n argument tussen die verdagte en oorledene ontstaan, waarna die verdagte die kaptein geskiet het. Hy is later aan sy beserings oorlede.
Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Captain Mduduzi Comfort Mkhonza, by 082 304 0052 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



