Vier sterf toe taxi en sedan tromp-op bots

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Vier persone het gesterf toe ‘n minibustaxi en ‘n sedan Woensdagaand op die N17-pad tussen Ermelo en Davel reg van voor teen mekaar gebots het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in die provinsie, sê drie oorledenes was in die sedan en nog een in die minibustaxi.

Die ongeluk word deur owerhede ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel