Ethiopiër vir tweede keer by sy snoepwinkel ‘beroof’

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ethiopiese burger (22) wat nog van ‘n skietwond herstel, is glo gister vir ‘n tweede keer in enkele dae by sy skeepshouer-snoepwinkel in Amoutana beroof.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle uitgeroep na die toneel van ‘n rooftog by die snoepwinkel.

Na bewering het drie verdagte mans die skeepshouer binnegegaan en die slagoffer van kontant, selfone en sigarette beroof. Daarna het hulle glo in ‘n wit Nissan NP 200-bakkie gevlug. Die bakkie is verlate deur reaksiebeamptes gevind.

Reaction Unit South Africa was Maandag ook uitgeroep na die toneel van ‘n rooftog by dieselfde snoepwinkel, waartydens die slagoffer in die been geskiet is.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel