Verdagte(s) in Burgersfort-moord gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE, LIMPOPO. – Lede van die Burgersfort-polisie in die Sehkukhune-distrik is op soek na verdagte(s) rakende die noodlottige skietvoorval van ’n man (40).

Die oorledene is Sondag 7 Januarie 2024 om 12:30 by sy huis in Mareseleng gevind.

Volgens inligting het die slagoffer se werkgewer na sy huis gegaan nadat hy hom nie op sy selfoon kon bereik nie. Met sy aankoms het hy die slagoffer se lewelose liggaam deur die venster in ’n plas bloed sien lê. Hy het dadelik die polisie gekontak.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle veelvuldige skietwonde aan die slagoffer se liggaam opgemerk. Hy is op die toneel dood verklaar.

Geen motief vir die aanval en moord is nog bekend nie. ’n Moordondersoek is aan die gang.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en ’n beroep gedoen op enigiemand wat inligting het om na vore te kom. Speursers. Sharon Makama kan by 076 317 5232 gekontak word.

Bronne: SAPD, Twitter