LIMPOPO. – ’n Man (40) is Saterdag op die N1 naby Bela-Bela in hegtenis geneem nadat hy na bewering 225 km/h in ’n 120 km/h-sone met sy Audi-Q7 gejaag het.
Volgens Tidimal Chuene, woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het die verdagte Maandag in Bela-Bela se landdroshof verskyn.
’n Totaal van 19 mense is sedert die begin van Desember in Limpopo vir oortrredings van die snelheidsgrens in hegtenis geneem.
Cheune meen dat die inhegtenisnemings ’n bewys is van die departement se verbintenis tot geen verdraagsaamheid teenoor roekelose bestuurders wat ander padgebruikers se lewens in gevaar stel.
Bronne: Limpopo Chronicle Sunday World



