Lees ook: Donderstormwaarskuwing vir verskeie dele van die land uitgereik
JAPAN. – ’n Aardbewing van 6.0 het Japan gister getref slegs ’n week na ’n aardbewing op Nuwejaarsdag.
Daar is geen tsunamiwaarskuwing vir gister se aardbewing uitgereik nie. Die dodetal in die aardbewing op Nuwejaarsdag staan al op meer as 200.
Gister se aardbewing het dieselfde deel van die land getref as die eerste aardbewing. Reën is voorspel tot Donderdag, wat moontlike grondverskuiwings kan veroorsaak waar die aardbewing getref het.
Bronne: India.com, Wion News, IOL
Lees ook: Donderstormwaarskuwing vir verskeie dele van die land uitgereik



