Gold One-myn kan nog 150 mense afdank

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gold One dank 400 werkers oor onwettige staking af

SPRINGS. – Gold One-myn het gesê nog 150 mense kan afgedank word by die Modder-Oos-myn na die onwettige stakings.

Daar was twee gyselaarsituasies by die myn in 2023. Ondersteuners van die mynwerkersvakbond Amcu (Association of Mineworkers and Construction Union) wou Gold One dwing om hulle ooreenkoms met die nasionale unie van mynwerkers (NUM) op te skort.

Altesaam 401 mynwerkers is tot dusver afgedank vir hulle deelname aan die onwettige stakings. Nog 140 werkers is geskors.

Bronne: EWN, Joburg ETC., The Africa

Lees ook: Gold One dank 400 werkers oor onwettige staking af