Mans in hegtenis na aanval op televisiestasie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donderstormwaarskuwing vir verskeie dele van die land uitgereik

ECUADOR. –  Verskeie mans is gister in hegtenis geneem na ’n aanval op ’n televisiestasie tydens ’n uitsending in Ecuador.

Twee mense is beseer en 13 is in hegtenis geneem na gewapende mans die televisiestasie binnegedring het en die personeel gedreig het. Die aanval is moontlik verbind aan die ontsnapping van ’n gevaarlike bendelid uit die tronk.

Die Ecuadoriaanse president het Maandag ’n noodtoestand aangekondig na die bendeleier, Adolfo Macías Villamar, uit die tronk verdwyn het. Geweld het daarna uitgebreek met minstens 10 mense wat sedertdien oorlede is.

Geweld heers in die tronke soos bendes oor beheer van kokaïenroetes tussen die VSA en Europa baklei. Polisiebeamptes is ontvoer en verskeie gevangenes het uit die tronk ontsnap.

Bronne: BBC, CNN, ABC News

Lees ook: Donderstormwaarskuwing vir verskeie dele van die land uitgereik