Vrou in Nuweland-Oos doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou is Maandag in die vroeë oggendure in ’n skietvoorval by die John Dory-sportterrein in Nuweland-Oos, noord van Durban, dood.

Die SAPD het reeds die toneel afgebaken toe ALS Paramedics opdaag.

Paramedici het bepaal die slagoffer, wat vermoedelik in haar dertigs was, het veelvuldige skietwonde opgedoen. Sy is op die toneel dood verklaar.

Gebeure wat tot die skietvoorval aanleiding gegee het, is nog onbekend. Die SAPD se ondersoek duur voort.

Bronne: ALS Paramedics, East Coast Radio