Meisie (13) gesteek toe selfoon gesteel word

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (13) is gister verskeie kere deur ‘n man wat glo waardevolle items geeïs het, met ‘n skerp voorwerp in die Willowton-area gesteek. Haar boetie (11) wat by haar was, was erg getraumatiseer.

Volgens Mi7 National Group het die kinders gestap toe hulle deur die verdagte genader is. Die meisie is verskeie kere in die bolyf gesteek.

Die verdagte het met ‘n selfoon weggekom.

Beide die kinders is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Mi7 National Group se reaksiebeamptes soek na die verdagte.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel