Twee vroue wat kleuter ‘onder boom los’ in hegtenis – kleuter vermis

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee vroue, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo vir Reitumetse Madibeng (4) onder ‘n boom langs die R702-pad gelos het. Die kleuter was na bewering moeg en is alleen agtergelaat. Sy word tans vermis.

Volgens lt.kol. Thabo Covane het die verdagtes met die kleuter by hulle van die huis in Kanana na die plase op die R702-pad gestap. Na bewering het hulle die kleuter wat glo moeg geword het onder die boom gelos waar sy gaan lê het. Hulle het verder na ‘n plaas gestap.

Toe hulle glo op die plaas Hanniesrust aankom, het hulle die ma van die kleuter gebel en gesê sy is alleen gelaat. Die ma het die polisie in kennis gestel, waarna ‘n soektog na die kleuter geloods is. Die kleutermeisie kon nog nie gevind word nie.

‘n Saak van kinderverwaarlosing is oopgemaak en die twee vroue is in hegtenis geneem. Enigiemand wat weet waar die kleuter haar bevind, kan kapt. Mauriza Cremore by 082 467 6417 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel