Elon Musk se beweerde dwelmgebruik bekommer glo uitvoerende bestuurders

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sowat 1 000 motoriste in hegtenis vir dronkbestuur in Johannesburg

Die Wall Street Journal het onlangs ‘n berig gepubliseer waarin aantygings gemaak is oor Elon Musk wat glo dwelms gebruik. Dit is beweer sy moontlike dwelmgebruik veroorsaak kommer vir die uitvoerende bestuurders van Tesla en SpaceX.

Musk het die aantygings ontken en het gesê geen dwelms of alkohol was die laaste drie jaar in sy liggaam gevind nie.

Die Wall Street Journal het geskryf volgens ‘n bestuurder van SpaceX was Musk onlangs ‘n uur laat vir ‘n vergadering en het deurmekaar gepraat en oor sy woorde gestruikel.

Musk se prokureur het die Wall Street Journal oor die berig en die publiseer van “valshede” gekritiseer.

Bronne: Euronews, Tech Central, Moneyweb

Lees ook: Sowat 1 000 motoriste in hegtenis vir dronkbestuur in Johannesburg