Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente
VSA. – ’n Model wat bekend was as die “Russiese Raponsie” het selfdood gepleeg twee jaar na sy op Jeffrey Epstein se eiland was.
Ruslana Korshunova (20) is oorlede na sy glo van ’n negeverdieping-gebou in New York afgespring het. Haar naam is onlangs vrygestel in hofdokumente wat met Jeffrey Epstein en Ghislaine Maxwell te doen het.
Korshunova was slegs 18 jaar oud toe sy op 7 Junie 2006 met Epstein se Boeing 727, wat gebruik is om jong meisies en ryk mans na sy eiland te vervoer, na die eiland geneem is. Dit is onbekend wat gebeur het toe sy op die eiland was.
Sy het in 2008 selfdood gepleeg. Volgens ‘n boek geskryf na haar dood was Korshunova na bewering ten tyde van haar dood by ‘n “selfhelpgroep”, The Rose of the World, betrokke. Die groep is deur verskeie mense as ‘n kultus beskryf wat lede van hulle “menslikheid ontneem” het.
Bronne: The Sun, New York Post, NDTV
Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente



