Visserman deur haai gebyt

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ‘n Visserman (62) van Plettenbergbaai is Vrydag in Papiesfontein, noordoos van Jeffreysbaai, deur ‘n haai gebyt toe hy die dier gevang en probeer loslaat het.

Volgens die NSRI is die Jeffreysbaai-diensbemanning en reddingsnetwerk vir dringende bystand geaktiveeer.

Met aankoms op die toneel het die beseerde visserman se vriend reeds knelverbande (toernikette) op die wonde, insnydings en deurprikwonde aan die man se hand en kuit aangebring.

NSRI-paramedici het ‘n ekstra knelverband en drukverbande aangebring.

Die man is in ‘n stabiele toestand vir verdere mediese behandeling met ‘n Gardmed-ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Daar word verwag dat hy volkome sal herstel.

Bron: NSRI

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel