NOORD-KAAP. – Drie plaaswerkers het in twee afsonderlike voorvalle op plase gesterf toe weerlig hulle Woensdag en Vrydag getref het. Woensdag is ‘n 26- en 51-jarige man oorlede en Vrydag ‘n 19-jarige jong man. Nog vyf werkers is tydens die eerste voorval beseer.
Shemane sê die polisie maan die gemeenskap om versigtig gedurende donderstorms te wees. Die waarskuwing volg na ‘n aantal gevalle in die provinsie waartydens persone deur weerlig doodgeslaan is.
Volgens sers. Molefi Shemane is geregtelike doodsondersoeke vir al drie die sterftes geregistreer, wat deur die Barkly Wes-polisie ondersoek word.
Voorsorgmaatreëls tydens donderstorms word aanbeveel. Daar moet veilig tydens storms geskuil word. Vermy dit om plaastoerusting te gebruik en ook om in oop velde en op hoë koppies of berge te wees. Die polisie waarsku voorts om van hoë geïsoleerde bome of voorwerpe weg te bly en sê ook daar moet vermy word om aan elektriese toerusting te raak.
Volgens Shemane duur die ondersoek na die sterftes voort.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



