WES-KAAP. – ‘n Stapper is Donderdagaand dood in die Helderberg-natuurreservaat aangetref.
Volgens David Nel van WSAR is reddingswerkspanne laat Donderdagaand na die natuurreservaat nadat berig van ‘n stapper wat nie teruggekeer het nie, ontvang is.
Sage (11), ‘n Duitse pointer– reddingshond en haar hanteerder van K9 Search and Rescue Association of South Africa het op die noodroep reageer. Hulle is deur ‘n veldwagter van die reservaat vergesel om areas wat nog nie deur parkwagters deursoek is nie, te fynkam.
Nel sê Sage het binne minute die vermiste stapper, wat ongelukkig oorlede is, opgespoor. Hy sê voorts hulle ondervind in Januarie ‘n groter aantal noodoproepe en versoek stappers moet voorsorgmaatreëls tref, veral op warmer dae. Die belangrikste is om die noodnommer, 021 937 0300, op selfone aan te bring. Hy gee ook die volgende raad:
“Begin vroeër stap en vermy strawwe aktiwiteite gedurende die warmste tye van die dag. Vir matige buitemuurse aktiwiteite moet jy ten minste 500 ml water vir elke uur by jou hê. Beweeg stadiger en onthou om te rus. Trek gepas vir die aktiwiteit aan – dra ‘n hoed, toe skoene en onthou om gereeld sonbrandroom aan te wend. Hou by die roetes en kies liefs dié met koelte-areas en water naby.
“We extend our heartfelt sympathy to the friends and family of the deceased at this sad time” het Nel gesê.
Lift-lugredery vervoer reddingshonde en hul hanteerders.
Bron: WSAR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



