Man spring van Bloukransbrug na sy dood

Deel hierdie storie / Share this story

TUINROETE. – ‘n Man (57) het Donderdag gesterf toe hy van die Bloukransbrug in die Sarah Baartman-distrik gespring het.

Sizwe Kupelo, woordvoerder vir nooddienste in die area, sê die man het selfdood gepleeg.

Die oorledene se liggaam is op die tweede dag, Vrydagmiddag, met ‘n lugmaghelikopter uit die vallei gelig en na die parkeerarea aan die bokant van die brug gebring waar dit aan patologiese dienste oorhandig is.

Nooddienste van Humansdorp en Stormsrivier asook die lugmag was deel van die operasie.

Die oorspronklike sosialemediaplasing is verwyder en inligting is van die woordvoerder bekom.

Volgens kol. Priscilla Naidu het die man (57) van Plettenbergbaai op 3 Januarie met sy voertuig tot by Bloukransbrug gery en sy voertuig net daar gelaat. Stormsrivier-polisie is van ‘n selfdood verwittig en alle rolspelers is geaktiveer.

Naidu sê ‘n soektog is geloods na die man wat na vermoede van die 216 meter brug gespring het. AO Ettienne Gerber het op 4 Januarie die liggaam opgespoor maar die terrein het dit nie moontlik gemaak om die liggaam na die brug se vlak te bring nie. Sy hond Misty moes ook vanweë die omstandighede tydens die soek- en reddingsoperasie op die brug bly. Die liggaam is op 5 Januarie deur ‘n helikopter van die SANW na die pad oppervlak gebring.

“The outstanding accomplishments of both W/O Gerber and Sgt Katikati deserves recognition as, in any police official’s vocation, the risks they face every day is perilous yet rewarding.”

Bronne: Oos-Kaap Nooddienste, SE Kops Humansdorp Nooddienste en SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel