MPUMALANGA. – ‘n Man (41) is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo sy seun tydens ‘n voorval in Desember 2023 raakgeskiet het. Die man het na bewering ‘n ongelisensieerde vuurwapen skoongemaak toe ‘n skoot afgegaan en die seun raakgeskiet en beseer is.
Volgens brig. Selvy Mohlala het die pistool aan die man in aanhouding se oorlede pa behoort.
Die verdagte is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie sowel as poging tot moord in hegtenis geneem en dienooreenkomstig aangekla.
Mohlala sê daar is op die wapen beslag gelê. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of die pistool moontlik tydens ander misdade gebruik was.
Die polisie sê die moontliheid om nog klagtes by die klagstaat te voeg, word nie uitgesluit nie.
Die verdagte sal vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



