Ongedokumenteerde persone in hegtenis in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kimberley werk saam om klere en kos aan slagoffers van vermeende mensehandel te gee

KIMBERLEY. – Verskeie ongedokumenteerde mense is Saterdag naby Beaconsfield, Kimberley, in hegtenis geneem.

’n Voertuig is Saterdag opgemerk met bagasie wat in plastiek toegedraai is. Daar was twee mans, een vrou en vier kinders in die voertuig.

Die verdagtes het gesê hulle is op pad na die busterminaal om na Zimbabwe te reis. Die vrou en vier kinders het geen dokumentasie gehad nie. Volgens die polisie het die vrou gesê drie van die kinders is hare. Die vierde kind, ’n meisie van 12, het ’n ligter velkleur en het senuweeagtig gelyk. Hulle kon nie verduidelik wie se kind sy is nie.

Die vrou en kinders, wat moontlik van Zimbabwe af kom, is in aanhouding geneem.

Polisie het die bus waarmee die vrou en kinders sou vertrek deursoek. Verskeie Zimbabwiërs met behoorlike dokumentasie was op die bus.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: SAPD

Lees ook: Kimberley werk saam om klere en kos aan slagoffers van vermeende mensehandel te gee