Lees ook: Harvey Weinstein sal nie herverhoor word op verkragtingaanklagte nie
Die veroodeelde verkragter Harvey Weinstein se naam is genoem in die nuutste hofdokumente oor Jeffrey Epstein wat vrygestel is.
Volgens die hofdokumente het Weinsten in Maart 2005 vir Epstein probeer bel. Dit is onbekend waaroor die oproep was.
Weinstein is verlede jaar in Los Angeles tot 16 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting en seksuele aanranding van ‘n akteur in 2013. Hy is in 2020 in New York tot meer as 20 jaar gevonnis, ook vir verkragting en seksuele aanranding.
Verskeie ander bekendes is in die 130 hofdokumente wat sover vrygestel is genoem en nog dokumente sal na verwagting vandeesweek vrygestel word.
Bronne: The Independent, The Guardian, CBS News, Newsbytes App
Lees ook: Harvey Weinstein sal nie herverhoor word op verkragtingaanklagte nie



