Kimberley werk saam om klere en kos aan slagoffers van vermeende mensehandel te gee

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beweerde mensehandelaars in Kimberley in hegtenis

KIMBERLEY. – Altesaam 14 kinders tussen ses en 14 jaar is die week na bewering van mensehandel gered.

’n Passasier op ’n bus van Midrand na Kaapstad het die polisie oor die 14 kinders op die bus gebel toe die bus in Kimberley stilhou. Die kinders was vuil, het geen bagasie gehad nie en was honger.

Die twee verdagtes, van Zimbabwe, is in hegtenis geneem.

Die polisie, Kimberley-besighede, inwoners, kerke en die myne het klere, kos, komberse en speelgoed geskenk om die kinders te help.

Bronne: SAPD

Lees ook: Beweerde mensehandelaars in Kimberley in hegtenis