Man sterf wat in gat val en onder sand begrawe is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man doodgeskiet wat glo mynbetoging ondersoek

BRIBIE, QUEENSLAND. – ‘n Australiese man is dood na hy in ‘n gat geval het en met sand toegegooi is.

Josh Taylor (23) en vriende was Saterdag op die strand toe hy kop eerste in ‘n gat geval het wat hulle glo gegrawe het om ‘n vark in gaar te maak. Hy is onder die sand begrawe. Minstens 15 mense het gehelp om hom uit die gat te haal.

Taylor was glo bewusteloos toe hy uitgehaal is en KPR is op hom toegepas. Hy is na ‘n hospitaal geneem waar hy gister oorlede is.

Die polisie is besig om sy dood te ondersoek en is tans op soek na getuies. Dit is nie duidelik wat Taylor se dood veroorsaak het nie.

Sy familie het ‘n fondsinsameling begin wat al meer as $42 000 bymekaargebring het.

Bronne: Evening Standard, The Telegraph, BBC

Lees ook: Man doodgeskiet wat glo mynbetoging ondersoek