Lees ook: Dodetal in Gaza meer as 17 000
GAUTENG. – ‘n Man wat glo die werkers ondersoek het wat in Oktober by die Gold One-myn in Gauteng gestaak het, is Dinsdag doodgeskiet.
Honderde mynwerkers het in Oktober geweier om die myn te verlaat na hulle betoog het teen Gold One-myn se weiering om hulle vakbond te erken.
Die slagoffer (55) het glo die voorval vir ‘n disiplinêre verhoor ondersoek. Volgens die polisie het die man met sy vrou en twee kinders gery toe hy aangeval en doodgeskiet is. Die skieters het in ‘n swart BMW gery. Hulle identiteit is tans nog onbekend. Die vrou en kinders het geen beserings opgedoen nie, maar ‘n voetganger wat in die straat geloop het, is deur ‘n dwaalkoeël getref.
Die rede vir die moord is tans nog nie vasgestel nie.
Mynwerkers van Gold One-myn staak weer vandag na 50 werknemers afgedank is na ‘n disiplinêre verhoor aangaande die staking in Oktober.
Bronne: TimesLIVE, EWN, Scrolla
Lees ook: Dodetal in Gaza meer as 17 000



