Lees ook: Israel val Hamas in Jabalia-vlugtelingkamp aan
GAZA. – Die dodetal in die Israel-Hamas-oorlog staan nou op 17 177 terwyl meer as 46 000 mense gewond is.
Die dodetal in Israel staan op 1 200. Israel het gesê hulle is op die spoor van die Hamas-leier wat die aanval van 7 Oktober beplan het. Hulle is ook van plan om seewater in tonnels waarin Hamas glo skuil, te laat inloop om die militante uit te dryf. Dit sal egter ook Gaza se watertoevoer bedreig.
Hamas het die bestaan van die tonnels ontken.
Bronne: EFE, New Arab, Aljazeera



