KYK: Voertuig ry in hospitaal se restaurant in – agt beseer

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Bestuurder en haar passasier het Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 met haar voertuig in die Cape Gate Mediclinic-hospitaal in Brackenfell se restaurant ingery.

Altesaam agt persone is agterna vir beserings by die hospitaal behandel. Die vroulike bestuurder van die motorvoertuig en passasier, haar man, het ook beserings opgedoen.

Kapt. Frederick van Wyk sê omstandighede wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer oor die motor verloor en deur die hospitaalvenster gery het, word ondersoek. ‘n Ongeluksverslag is geregistreer.

In kommentaar op die WC Live Traffic en Safety Reports word daar gesê ‘n hartaanval het vermoedelik die ongeluk veroorsaak, maar dit is nie bevestig nie.

Bronne: SAPD en WC Live Traffic en Safety Reports

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel