KWAZULU-NATAL. – ‘n Ontbinde liggaam is Donderdag in ‘n digbeboste gebied aan die kant van Vincent Dickensonstraat in Canelands ontdek.
Reaction Unit South Africa sê ‘n reuk het voetgangers na die ontdekking van die maaier-oortrekte liggaam gelei. Hulle het hulp gevra.
Met aankoms op die toneel omstreeks 17:22 het voetgangers aan reaksiebeamptes verduidelik hulle het die reuk sedert Maandag geruik en gedink dit is ‘n dooie dier en het daarom nie vroeër ondersoek ingestel nie.
Die liggaam was al in ‘n gevorderde stadium van ontbinding. Die oorsaak van dood moet nog vasgestel word.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



