KWAZULU-NATAL. – ‘n Motorbestuurder en sy passasiers is Maandagmiddag op die R102 Palmview beroof toe hulle meganiese voertuigprobleme ondervind het.
Reaction Unit South Africa sê reaksiebeamptes het omstreeks 17:17 op die toneel in die omgewing van die R102 en Northern Drive-interseksie in Phoenix aangekom.
Die bestuurder van die voertuig en sy passasiers na Verulam op pad. Sy VW Caddy het oorverhit en hy het langs die pad in die noodbaan stilgestaan toe hy deur twee onbekende mans genader is. Hulle het messe te voorskyn gebring en hom en sy passasiers van hul selfone en kontant beroof. Die verdagtes het daarna in digte bosse ingevlug.
Die slagoffers het nie beserings opgedoen nie.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



