Kyk: Uitsonderlike laerskool-dansgroep palm prestasies in

Deel hierdie storie / Share this story

https://drive.google.com/file/d/1MjuJ1ZgQc-VfTHk-4SNqDq6a91IwOyov/view?pli=1

GAUTENG. – Laerskool Randfontein se senior dansgroep, Ram Extreme, dans behoorlik die wêreld aan die brand. Met vanjaar se optrede, The Matrix, het hierdie leerders uitsonderlike prestasies ingepalm.

Chenique Mulder, ‘n onderwyseres van die skool, organiseer die dansgroep wat sedert 2013 bestaan. Die groep het sy ontstaan gehad toe die plaaslike Randfontein-skou ‘n danskompetisie geloods het. Die groep is deur juffrou Diane Matthews begin, waarna Mulder die leisels met haar aftrede oorgeneem het.

“Dit het iets wakker gemaak in die omliggende skole, so het ons ook elke jaar deelgeneem by die skou.”

Hulle het hierdie jaar aan die D2 Gauteng-Wes, waar Wesrand-skole meeding, deelgeneem waar hulle die eerste plek verower het. By die RACA- landswye kunswedstryd het hulle as die algehele wenners van die jaar uit die junior sowel as senior groepe weggestap. Tydens deelname op nasionale vlak het die groep in die eerste plek geëindig.

Ram Extreme is so gewild dat hulle ook by ander skole en feeste dans. Die leerders tussen 10 en 13 jaar word deur die choreograaf KD Dhladhla afgerig wat sy eie dansskool in Randfontein besit.

Mulder sê dans is nie ‘n vak by die skool nie, maar word as ‘n ekstra aktiwiteit by die skool aangebied.

“Ja, ons het groot planne vir die toekoms. Ons oefen lang ure en werk baie hard. Ons het tot nog onlangs geoefen en dit is baie goed vir die leerders.”

Oudisies vir 2024 se dansgroep is reeds afgelê, aangesien die kinders van grade verwissel en van hulle die skool verlaat.

“Daar is reeds groot planne vir die nuwe groep,” sluit Mulder af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel