Luis Rubiales van nog onbetaamlike gedrag beskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Luis Rubiales vir drie jaar deur Fifa verban ná soen-drama

AUSTRALIЁ. – Die hoof van die Engelse sokkervereniging(FA) het Luis Rubiales van onbehoorlike gedrag teenoor Engeland se spelers tydens die finale wedstryd in die Fifa-wêreldbekertoernooi in Australië beskuldig.

Die beskuldigings is Woensdag bekend gemaak na Fifa hulle redes vir die verbanning van Rubiales gepubliseer het.

Die hoof van die sokkervereniging, Debbie Hewitt, het gesê sy was langs Rubiales tydens die medaljeseremonie in Augustus toe hy “onaangenaam en onnodig aggressief gerraak het” toe hy gesê is om te bly waar hy is en nie na ‘n meer prominente plek te beweeg nie.

Hewitt het ook gesê Rubiales het die gesig van die Engeland-speler, Laura Coombs, “gestreel” en toe het hy glo ‘n soen op die Engelse speler Lucy Bronze afgedwing.

Hewitt het ook gesê sy was “verskriklik ongemaklik” oor die manier waarop Rubiales die Spaanse spelers gegroet het. Hy het glo een op die boud getik.

Sy het ook gesê hy het die soen op Jenni Hermoso afgedwing en dit was vir haar duidelik dit was sonder toestemming.

Rubiales het voorheen gesê hy het toestemming gehad om Hermoso te soen en ook gesê Hewitt lieg. Hermoso het ook voorheen gesê die soen was sonder toestemming.

Rubiales word tans ondersoek vir seksuele aanranding na Spaanse howe hom aangekla het.

Bronne: CNN, The Telegraph, LBC

Lees ook: Luis Rubiales vir drie jaar deur Fifa verban ná soen-drama