CANELANDS, KWAZULU-NATAL. – ’n Man is Saterdagoggend noodlottig gewond nadat hy na bewering in Canelands beroof en toe met ‘n mes gesteek is.
Reaction Unit South Africa is om 05:34 na die toneel in Vincent Dickensonweg ontbied. Met aankoms is die liggaam van ’n man wat vermoedelik in sy dertigs is, in ’n bos naby die pad aangetref.
Die slagoffer het ’n meswond in sy borskas gehad en is op die toneel dood verklaar.
Volgens oggetuies is die slagoffer deur twee verdagtes voorgekeer en van sy selfoon beroof. Hy is toe gesteek voordat hulle te voet gevlug het.
’n Saak van moord word ondersoek.
Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook



