GAUTENG. – Dele van Gauteng het Vrydag onder erge hael en donderbuie deurgeloop.
Talle motoriste is op die N3 opgehou nadat die pad naby die Gilloolys-wisselaar in albei rigtings oorstroom het.
Inwoners het foto’s van vloedwater en hael op Alberton op sosiale media geplaas. Een gebruiker voer aan dat die oorstromings die gevolg van rommelstrooiery en verstopte dreineringspype is.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel wydverspreide buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike dele van die land tot vandag.
Kyk die foto’s en video’s hier:
Bronne: Traffic SA, Twitter – Yusuf Abramjee, SAWS



