LIMPOPO. – ’n Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die beweerde aanranding op sy vrou Vrydagaand in hul huis in Mavhunga Village.
Voorlopige polisieverslae dui daarop dat die verdagte Vrydagaand om 22:00 by die huis gekom en sy vrou wakker gemaak het. ’n Stryery het gevolg, waarna die verdagte haar glo met die vuis begin slaan het.
Die slagoffer kon daarin slaag om te vlug en is deur ’n verbygaande motoris bygestaan. Sy is na die Mphephu-polisiestasie geneem.
’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is geopen. Die verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem en sal binnekort in die Dzanani-landdroshof verskyn.
Volgens die SAPD is die verdagte aan Modimolle se K9-eenheid verbonde.
Bronne: SAPD, Twitter



