Oorskot van pasgebore baba in puttoilet gevind

Deel hierdie storie / Share this story

MAPHUMULO, KZN. – Die liggaam van ’n pasgebore baba is Donderdagoggend in ’n puttoilet op Maphumulo ontdek.

IPSS Search and Rescue is saam met Umhlali-SAPD se K9-eenheid na ’n toneel ontbied waar ’n pasgebore baba na bewering in ’n puttoilet gestort is.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat ’n sestienjarige meisie die geboorte van haar baba versteek het. Sy het na bewering die liggaam van die pasgebore baba in ’n plastieksak gesit en dit in ’n buurman se erf in ’n verlate puttoilet gaan stort.

Owerhede kon die sak met die baba se liggaam suksesvol uit die puttoilet haal.

‘n Sestienjarige meisie en haar ma is in hegtenis geneem. Maphumulo-SAPD ondersoek die voorval verder.

Bronne: IPPS S&R, Facebook