Kyk: Walvishaai swem tot op Clifton-strand

Deel hierdie storie / Share this story

CLIFTON, WES-KAAP. – Strandgangers is Donderdagoggend bederf toe ’n walvishaai op Clifton se Vierde Strand rondgeswem het.

Volgens Clifton Surf Lifesaving is die walvishaai om 11:00 vir die eerste keer sowat 20 m in die water naby Bun Rock opgemerk.

Lewensredders het ingegryp en die strandgangers aangeraai om eers op die rotse te bly terwyl hulle die situasie geassesseer het.

Die walvishaai het egter voortgegaan om homself te strand. Lede van die publiek en lewensredders het saamgespan om hom seewaarts te druk. Hy het uiteindelik weer sy pad na die dieper water gevind.

Lewensredders het die publiek gewaarsku om nie na marinelewe te swem, aan hulle te vat of saam met hulle vir foto’s te poseer nie.

Kyk hier na die video’s:

Bronne: Twitter, Clifton Surf Livesaving,