MPUMALANGA. – Thabo Brian Ngwenya is Saterdag 30 Desember 2023 vir die beweerde besit van ‘n gesteelde voertuig, op die R38-pad vanaf Middelburg na Hendrina in hegtenis geneem. Hy was glo in besit van ‘n gryskleurige Nissan Navara wat na bewering in Desember in Sinoville in die noorde van Pretoria gesteel is.
Volgens brig. Selvy Mohlala het Middelburg-blitspatrollie ‘n wenk ontvang en alle moontlike ontsnappingsroetes afgesper. ‘n Voertuig, wat aan die beskrywing voldoen, is voorgekeer en die bestuurder is in hegtenis geneem.
Mohlala sê voorlopige ondersoek dui aan dat die motor glo vir Mosambiek bedoel was.
Ngwenya het op 2 Januarie vlugtig in die Hendrina-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 5 Januarie uitgestel is vir ‘n formele borgaansoek. Die verdagte vly in aanhouding.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



