Kyk: ‘Gekaapte voertuig’ aan die brand gekry

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gauteng-geregistreerde Mercedes-Benz E200 is glo gister in Umhlanga Rocks gekaap en by Tea Estate in Inanda aan die brand gevind.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 16:06 ‘n oproep gekry van ‘n voertuig wat aan die brand is. Reaksiebeamptes en paramedici het die motor in vlamme gehul langs ‘n suikerrietplantasie aangetref.

Die bestuurder van die voertuig, wat op die toneel was, het glo vier bokse, waarvan die inhoud nie aan hom bekendgemaak is nie, vir sy werkgewer vervoer. Hy het na bewering in Zenith-rylaan gestop om verkoelingsvloeistof in die voertuig wat oorverhit het te gooi. Daar is hy glo deur twee gewapende verdagte mans oorrompel en agter in die voertuig ingedwing. Hy is na wat beweer word forseer om na Inanda te ry terwyl nog verdagtes hom glo in ‘n wit Toyota gevolg het. By die estate moes hy uitklim terwyl die vier bokse in die verdagtes se voertuig gelaai was. Volgens die bestuurder het die verdagtes toe sy voertuig aan die brand gesteek en gevlug.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel