Beskermingsbevel lei tot ‘ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie’ – man vas

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Witrivier-polisie het gister, terwyl hulle besig was om ‘n beskermingsbevel vir huishoudelike geweld te dien, ‘n man (21) vir die beweerde onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Volgens brig. Selvy Mohlala het die polisie, na inligting ontvang is, op vier vuurwapens – twee jaggewere, ‘n rewolwer en ‘n haelgeweer – sowel as 200 rondtes ammunisie op die perseel afgekom. Nadat die man nie geldige vuurwapenlisensies kon voorsien nie, is op die wapens en ammunisie beslag gelê. Hy is daarna in hegtenis geneem en aangekla.

Die vuurwapens sal aan ballistiese toetse onderwerp word om vas te stel of dit voorheen elders in misdaad gebruik was.

Die beskuldigde sal vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Mohlala sê die polisie kan nie die moontlikheid uitsluit dat daar tydens ondersoek meer aanklagte bygevoeg kan word nie.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel