WES-KAAP. – Kevi van Wyk van die Facebook-blad Boland Dorpe se afsterwe is op dié blad aangekondig.
Sedertdien stroom medelye van regoor die land onophoudelik in. Daar word nie gesê hoe hy gesterf het nie, omdat dit deel van die privaatheidsreëls van die blad was.
Kevi het Dinsdagoggend om 03:52 sy laaste plasing van beurtkrag wat weer ingestel is op die blad gemaak. Hy het lesers op die blad op hoogte gehou van nuus van orals af. Hy het bekend gestaan as iemand wat nie gehuiwer het om in sy gemeenskap te help nie.
Demitri Opperman het die volgende plasing gemaak:
“Dis met groot hartseer dat ons die dood van ons geliefde Kevi van Wyk hier met almal moet deel… Vir eers sal ons blad toemaak sodat alles kan insink by almal. Ons wens sy familie, vriende alle simpatie toe in hierdie tyd van rou R.i.p. ou grote, ek salute jou”
Bron: Bolandse dorpe en Demitri Opperman
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



