Seun skenk vir derde jaar aan diere deur feesliggies

Deel hierdie storie / Share this story

TUINROETE. – Luhan Smit (11) van George het vir die derde agtereenvolgende jaar hondekos vir ODIN (Oudtshoorn Dogs In Need) ingesamel.

Volgens die George Herald het hy verlede jaar ‘n allemintige 900 kg meer as die vorige jaar se 1.4 ton hondekos bymekaargemaak. In 2023 het hy altesaam 2.3 ton hondekos ingesamel en boonop R5 000 kontant en ook katkos aan ODIN oorhandig.

Wanneer die feestyd aanbreek, pak hy die insameling deur Kersfeesliggies te laat skyn vir diere, wat hom na aan die hart lĂŞ. Dan word sy huis in Ribbokstraat vir ‘n goeie doel met feesliggies getooi. Besoekers wat na die liggies gaan kyk, kan donasies maak, hetsy dit kontant, dierekos of selfs komberse is.

Die liggies vir diere het van 8 tot 31 Desember 2023 geskyn, waarna dit op Nuwejaarsdag verwyder sou word.

Die donasies is op 2 Januarie 2024 by ODIN afgelaai.

ODIN (Oudtshoorn Dogs In Need) het soos volg op die skenkings reageer:

WOW HE DID AGAIN 💯💯💯💯💯🌟🎉🧚‼️

OUR ODIN SUPERSTAR ..with the family’s awesome Christmas lights display in George ..they attracted generous visitors ..enough donations to purchase more than 2 tons of dog food and R5 000 cash 🌟🎉🧚‼️🙏🥂🤸🤩💗💗💗

THANK YOU LUHAN and THANK YOU TO THE VISITORS THAT MADE IT POSSIBLE .. Great start a a new year 🥂🥂🥂

Bron: Eugene Gunning, George Herald en ODIN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel