Vermiste man: Gemeenskap se hulp word dringend benodig

Deel hierdie storie / Share this story

*Opdatering: Sy ma het bevestig dat hy gevind is.

ALBERTON, GAUTENG. – Die gemeenskap se hulp word dringend gevra met die opspoor van Hendrik van Zyl (30).

Sy familie het laas met hom kontak gehad op 26 Desember om 14:00 toe hy vir ’n Uber na sy neef se huis gewag het.

Inligting is ontvang wat daarop dui dat hy moontlik Saterdag in 4de Laan, Alberton-Noord, gesien is.

Volgens sy ma, Annetjie van Staden, ly hy aan bipolêre depressie. Hy beleef deurmekaar episodes sodra hy nie sy medikasie neem nie.

Hy is laas in ’n wit langmouhemp en swart broek gesien. Hendrik is 1,7 m lank, het swart hare en bruin oë. Sy gewig is ongeveer 50 kg.

Enigiemand met inligting kan sy ma by 084 319 4280 of 084 510 8647 kontak. Hendrik is as vermis by die Brakendowns-polisiestasie aangemeld.

Bronne: VCSI-Missing persons, Missing Children South Africa