Twee beseer toe riooltenkwa in wal vasry

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee mense is beseer toe ’n tenkwa Woensdagoggend in ’n wal op die noordwaartse baan van die R102 naby King Shaka- internasionale lughawe vasgery het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is deur verbygaande motoriste vir hulp ontbied. ’n Wit tenkwa wat riool vervoer het, is teen ’n wal aangetref.

Volgens Rusa het die bestuurder en sy assistent beserings opgedoen. Albei is op die toneel behandel en daarna per ambulans na ‘n hospitaal geneem.

Omstandighede oor wat moontlik tot die ongeluk aanleiding gegee het, is nog nie beskikbaar nie.

Bron: Reaction Unit South Africa