NEW JERSEY, VSA. – Tweelingboeties is afsonderlik op Oujaarsdag en Nuwejaarsdag in New-Jersey, VSA gebore.
Ezra Humphrey is om 23:48 op Oujaarsdag gebore en sy broer, Ezekial, is om 00:28 op Nuwejaarsdag gebore.
Eve en Billy Humphrey, ouers van die tweeling, sê hulle het dit glad nie so beplan nie. Die tweeling se bevallingsdatum was eintlik eers einde Januarie, maar Eve se water het vroeër gebreek.
Hulle het gedink die tweeling sou moontlik ’n verjaarsdag met Billy, wat op Oujaarsdag verjaar, deel. Voordat Eve, ’n professor in biologie, egter haar oë kon uitvee, het die hospitaalpersoneel die Nuwejaar afgetel.
Billy, wat ’n pastoor is, sê hulle het nog ’n seuntjie wat op 3 Januarie drie jaar oud word.
Bronne: NBC, 6ABC



