Man ‘steek meisie en sy ma uit woede’

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 20’s, het na bewering Saterdag sy meisie en sy ma in Waterloo onderskeidelik met ‘n kombuismes en ‘n gebreekte bierbottel gesteek nadat hy die meisie glo in ‘n woedebui oor beweerde ontrouheid gekonfronteer het.

Reaction Unit South Africa sê verskeie oproepe vir hulp is ontvang. Met aankoms by die adres is reaksiebeamptes ingelig die twee slagoffers is na ‘n hospitaal vervoer.

‘n Getuie het aan reaksiebeamptes op die toneel gesê die verdagte het eers sy meisie by haar huis gekonfronteer. Hy het glo ‘n kombuismes gegryp en haar herhaaldelik gesteek terwyl hy oor die pad met haar na sy eie huis toe is. Volgens die mededeling het sy ma glo tussenbeide getree en die aanval probeer keer. Die lem van die mes het tydens die aanval afgebreek. Die verdagte het daarna na wat beweer word ‘n glasbottel gebreek waarmee hy sy ma in die arm gesteek het.

Ten tyde van die voorval het die verdagte glo ook sy oom (39), ‘n parapleeg, en sy ouma (76) aangerand. Hy het daarna te voet gevlug.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel