Twee uit voertuig in rivier gered

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee persone is Dinsdag na ure gered toe hulle die Umgenirivier oor ‘n laagwaterbrug met ‘n voertuig wou oorsteek en meegesleur is.

IPSS Search and Rescue saam met START RESCUE, NSRI, metropolisie se soek-en-redding en Durban-Sentraal se honde-eenheid na verskeie rapporterings na die toneel.

Die voertuig met die insittendes is ongeveer 500 meter van waar hulle die rivier wou oorsteek deur die rivier meegesleur.

Volgens IPSS S & R het die komplekse redding met ‘n tousisteem ‘n paar uur geneem weens verminderde daglig en die rivier wat sterk gevloei het.

Die twee persone is suksesvol uit die voertuig gered, waarna hulle deur nooddienste en Netcare911 geassesseer is.

Bron: IPSS Search and Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel