KWAZULU-NATAL. – Die ontbinde oorskot, vermoedelik van ‘n verkragtingslagoffer, is Dinsdagmiddag in ‘n suikerrietplantasie in Blackburn gevind.
Volgens Reaction Unit South Africa het ‘n verbyganger omstreeks 17:59 vir hulp gekontak nadat hy die maaieroortrekte oorskot gevind het toe hy na die oorsprong van ‘n skerp reuk gesoek het.
Met reaksiebeamptes se aankoms op die toneel is ‘n groot skare mense aangetref. Reaksiebeamptes is deur die persoon wat die oproep gemaak het na die oorskot gelei. Die grootste gedeelte van die liggaam was reeds skeletagtige oorblyfsels. ‘n Sweetpakbroek en onderklere van die oorledene was tot op die enkels afgetrek.
Die SAPD stel volgens reaksiebeamptes verdere ondersoek in.
FiND iT het polisiekommentaar gevra.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



